Ek vloek te veel. Ek sit vandag so deur my ou posts en lees, en ek hou nie van wat ek sien nie. Kreatief wees met woorde, beteken sekerlik jy kan ‘n idée oorbring sonder om te vloek en dieselfde impak kry. Ai, so ek het toe altyd ‘n gewete. Dis nogal goed om te weet.
Kom ons probeer dit nou vergeet, en laat my asseblief my eie **Dramaqueen** oomblik toe. (Dis hier waar ek oogknip vir Dellie) en laat my sê: “Being famous for being a bitch has some responsibility that comes with it, mkay Darling.” En ek wil nie ook gestalk word met doodsdreigemente en vreemde oproepe nie, so mag ek maar ‘n bitch wees?
Dis net, ek dink in ‘n ander taal as die een wat ek praat. As ek die een wat ek dink moes praat sou ek baie hard geslaan word. Sien ek kon daar gesê het “gedonner” word, maar ek het nie. Hmmm, maar omdat moffies hel toe gaan anyway, kan ek seker maar vloek.
Beteken dit nou ek mag maar vloek?
Nee.
Vloek is soos ‘n vlek op ‘n skoon wit laken. Dit wys, en dis nie mooi nie. Wat mense nie altyd besef nie is dat die Flintie wat julle ontmoet het, julle raakgeloop het iewers op sy pad na mensword toe. Dis ‘n grondpad, maar my voete is al hard.
Blog was ‘n produk van jare se internet klets. Dit het net eendag verander, en behalwe vir skype waar ons almal nog gesels, kom ek nie naby ‘n klets program nie. Ek verkies dit so, die lewe kan nie altyd ‘n sirkus wees nie.
Jy sien nou, nou raak ek sulke dinge kwyt (note ek sê nie kak nie), en dit laat my voel ek word oud. Ek word die jaar dertig, dis ‘n verval datum in die gay wêreld. Die ding is die gay wêreld is deel van my wêreld. Die gay wêreld is superficial en painfull. Ek kon nog nooit verstaan hoekom mense sleg gevoel het as hulle moffies genoem word nie, dis ‘n eer. Enige iemand wat die guts het om gay te wees is ‘n Hero in my oë.
Queens is wreed, en Letties bliksem hard. En dit kan jy vandag bank toe vat.
En die blog is besig om my kens te maak. Ek weet nie wat ek met hom wil doen nie. Hier sit hy nou op sy eie domain, en ek weet nie wat om te maak met hom nie. Stories? Dagboek?
Dalk dink ek more helderder.
O ja die issues van die 30 word.
Groot storie daai
Gatvol – Jy weet mos!
Flintie, jy is nog jonk!
VerdantSF – Daar was ‘n tyd wat ek uit die bed uit geklim het, en ek was reg vir die dag. Nou vat dit elke oggend ‘n wonderwerk om my net mens te laat lyk. Laas week sit my man my amper saam met die vullis uit, en dit sê baie. Grappie, nee wat ek weet net nie wat ek met die blog wil doen nie, dis die groot ding wat my pla.
Ag moer, jy kan ook darem maar partykeer lekker fokken kak praat laat dit lyk of jy fokken yl.
demoerin –
Antie Koekie – Delete? Norrefok!
ek weet——– relax net ‘n bietjie, sit agteroor, chill, en dan kom die antwoord miskien sommer out of the blue! maybe it’s called an ID crisis? moet net groot asse-flippin-blief nou net nie so ‘n drama queen word dat jy impulsief die blog delete nie, dan’s ons almal in ons donner in, OK?
Flintie, jy het begin blog omdat dit fun was en die woorde het sommer net uit jou pen/keyboard gevloei.
Maar nou het die pressure meer geword, en jou aanhangers het het meer geword, en jy wil vir jou aanhangers ‘perform’ … en jy kry nie die viagra nie!!! LOL!!
Dis hoekom jy nou sukkel om te skryf …
Moenie skryf om ONS gelukkig te hou nie. Dan sal die creative juices nie vloei nie. Doen dit omdat jy dit laaik. Moenie dat dit ‘n werk word nie.
Ons hou van jou al plaas jy net ‘n joke op jou blog.
Hier’s een vir jou …
Dosent sê vir klas: “Seks is ‘n manier van kommunikasie.”
Ou staan op en vra: “Beteken dit as ek draadtrek praat ek met myself?”
“Ek word die jaar dertig, dis ‘n verval datum in die gay wêreld. Die ding is die gay wêreld is deel van my wêreld. Die gay wêreld is superficial en painfull.” Hoekom sê jy dit Flintie? Ekskuus as ek nou heeltemal te ernstig is, maar weet jy, my kennis van gays en die gay-wêreld is baie beperk. Ek het nog altyd gay vriende gehad maar hulle was maar altyd meer kennisse as vriende so ek het nog nooit regtig die geleenheid gehad om die “gay wêreld” te leer ken en verstaan nie.
Ek wonder ook oor die uidrukking die “gay wêreld”. Dit laat dit klink asof daar ‘n aparte woonplek vir gays is of moet wees. Is dit net omdat die bewoners van die “nie-gay wêreld” die bewoners van die “gay wêreld” ontuis laat voel of is dit ook omdat die bewoners van die “gay wêreld” verkies om hulself apart te hou… of vra ek nou onnodige dom vrae?
Lappr, jy is reg. Ek gaan skryf omdat ek wil skryf en omdat ek daarvan hou. Dankie vir die perspektief vriendin. Lmga vir die grappie!
Anna, ek dink wat ek daar probeer sê het was dat die gay wêreld, soos ek dit noem en bedoel die kultuur in die gay gemeenskap is vreeslik baie omtrent hoe jy lyk en hoeveel jy verdien ens ens. Image, image, image. Dis met tye vreeslik oppervlakkig en dan beskou buite staanders dit as “carefree-living” Die ding is ek was nog nooit iemand wat werklik daaroor gestres het nie, maar toe ek die skryf was dit sommer net n issue wat ek wou noem. Ek twyfel of dit ‘n direkte issue in die gay gemeenskap alleen is, maar onthou ek is gay, so dis my wereld. Wel, ‘n deel daarvan. Ek moet leer om op te hou onderskeid tref tussen gay en straight, want ons almal gaan deur dieselfde issues ongeag van jou seksuele voorkeure. Ek dink nie dat die gay gemeenskap verkies om alleen te leef nie, dit sou moeilik en onprakties gewees het. Dis glad nie ‘n dom vraag nie want dit het my nou laat dink.
Ek staan elke dag moerse positief op met ‘n wag voor my mond, maar dan gebeur iets en die wag bliks@m uit, kneus homself liederlik en bly afsiek vir ‘n paar dae. As 30 nou jou vervaldatum is Flintie, wat is 40 dan (ek word hierdie jaar “the big 4-0h shit I’m getting old”??
@lappr – LMGA.
@Antie Koekie – as hy ‘n delete knoppie druk, dan gaan soek ons hom – Potch is nie so groot nie
Dit het reeds begin. . .
Eers skryf jy vir jouself.
Dan skryf jy vir jou blogpals
nog later skryf jy vir enige siel wat bereid is om te lees
en dan delete jy jou blog en gaan lek die wonde.
Only to start all over again
Heita PJ, ek gaan die comment lees as ‘n waarskuwing. Moenie ingee tot die Blogmonster nie!
Charms – Potch, ne? Ek sal hom gaan help soek!
Delete, ne? Deflipenlete net!! Flintie, dan kak jy wat jy nie ge-eet het nie!
Skryf net so bietjie – dis al wat ek vra. Enige-iets. Jy is nou al `n blog seleb en ek wil jou graag beter leer ken. Sommer so tussen die reels. Net vir die lekkerte. Dit maak die lewe vir my so effens mooier. Daarom se ek sommer ook so klein bietjie dankie vir al die mooi en so aan en so aan wat jy al kwyt geraak het en my laat smile het.
Vloek, ne? As jy eers begin het! Dis soos bulimie – jy eet en eet en eet net weer. Al kots jy elke keer daarna. Dis die vloek van vloek.
My pa was mos innie Army – en daso – jirre! daso is groot woorde wat ek in die vliegtuig-hagers opgetel het so saam met my pa se appies! Vandag kan ek nie onder 287 vloekwoorde per dag nie. Dis die dae wat ek nie kwaad raak nie.
Mind joe, ne? Ek HET opgehou vloek – oormore sal 2 dae wees.
Boernig!!!
Dink jy nie die blog skree nou moffie nie?!?!?!?
Hehehehe, jy maak my altyd smile met jou comments. 287 per dag minimum? Is dit ‘n dare?
As ek hard probeer sal ek jou kan beat, sit my net op ‘n foon met atlantic se call centre
Miskien skreeu dit vokkin moffie, ja?
Jou blog is mooi. Pers is my lucky kleur.
As jy weet watte woorde ek ken, sal JY MY nie dare nie!
Ok ,ek sal begin met een wat ek ken: so uiddie Army uit:
jeeeeeezaaaaaaaaaaasfaaaaaaakinnut – dis `n mooi naam vir `n skroef wat los is van `n vliegtuig propeller.
Jou beurt
Hmmm, goeie een. Ek gaan nou so bietjie by my oorlede pa leen. sien, hy was ook ‘n machanic, maar van Goeters met groot wiele sonder vlerke. Trokke en sulke goeters.
Raait, hy het altyd iewers deur die job sy vinger vas gemoer in iets in, en dan word daai ding as volg aangespreek: “Fokkitjoumasepoes!”
Beat that!
Flitsie? Ek dink image, image, image maak ‘n groot deel uit van ‘die hele wye wêreld’ gay en straight. Maar ek wonder tog, Flitsie… wee’ jy wat my opgeval het? Dat gay mans baie meer issues het met image (og, ek weet dis erge veralgemening, sorry) as females. Die females wat ek ken het deur die bank nie helfte van die “what will I wear” “how do I look” “does this make me look fat” as straight girls en gay mans nie. Of sit ek die pot heeltemal mis??
BB, jy is spot-on vriendin!
Ok, Flint-kind…jy wen!
hehehehehe…
Die gay-wêreld is definitief ‘n plek op sy eie – genadeloos, tog caring, oordelend, tog omhelsend.
Flintie, nie al die letties moer hard nie, ek’s een van hulle, maar ek’t al gesien hoe klap ‘n maergat queen ‘n butch man tot in volgende week in! lol
Die meeste mans in my lyn van werk is gay, en mensig het hulle talent! Snaaks, dat ek nog nie 1 lettie hierdie werk sien doen nie. Maar tog, ek is mal oor my gay vriendinne se huise, soveel decor!, en hulle tuine!
Ek weet nou nie eintlik wat my punt is nie….
O ja, wat die blog aanbetref, kon dit nie beter stel as Plaasjuppie nie.
Die cool ding van gay wees is dat jy jou mure met tamatie sous kan besmeer en die mense sal net sê: ” Hy is gay, dis seker ‘n nuwe trend of iets”