Vandag ry ek so met my kat veearts toe. Sy is nou gesond en die steke moes uitkom. Lekker gewees om weer in die reën te ry met ligte musiek wat speel.
So kom ek toe ook by die veearts aan.
Toe ek instap is hy met ‘n noodgeval besig. ‘n Staffy is deur drie ander honde amper dood gebyt. Die hond se eienaar sit daar buite in die wagkamer en my eerste indruk is dat die man gay is. Hy ruik soos ‘n bloemiste en ek is seker hy kry manicures en waks sy wenkbroue. Ek maak toe reg vir ‘n lekker chat oor die fynere dinge in die lewe.
Fok, hoe verkeerd kan mens wees oor iemand? Die laventel-knaap sit daar en gesels net vrou en kinders. Ek dink so by myself dat dit die weirdste oomblik van my lewe is en hy beaam dit deur so in die lig te sit met sy pinkie en karre te praat.
Kyk, as ‘n gay man weet ek darem iets van mans af. Ek weet ‘n man ruik soos ‘n man om mee te begin. Ek weet ‘n man het hare op sy lyf. Ek weet ‘n man is soms sensitief, maar ek raak ongemaklik as hy ‘n groter dame as ek probeer wees.
Kan jy jouself die kak indink as ek heeltyd moes bondstaan om my vogroom en en goeters veilig te hou? Ek hou NIE daarvan om my spieël te deel nie.
Ek verkies my man wat gay is, en ‘n honderd keer meer manlik is, bo daai cupcake met sy groot bakkie.
Flinti, my blom, kan jy imagine hoe omgeklits daai metro man gevoel het toe hy daar wegry? hy’t miskien nog nooit besef hy’s in die closet nie, en toe kry hy so ‘n rude awakening. dis kostelik! (soos gewoonlik!)
Aye! Hy gaan vir die volgende 5 jaar nog die 3 kinders grootmaak en dan gaan hy vertel dat hy 3 keer gespyker het en 3 keer gekots het en dan die grootste, bouncer inne kroeg optel virre ordentlike date. En sy vrou gaan nie `n sent kry nie! En uhm, hy gaan die hond saamvat. Obviously is hy die spitefull-tipe.
HAHAHAHAHAHAHAHAHAHAHAHAHA, funny, baie funny
Ja-nee, mens kan jouself darem lelik misgis met mense, dit leer ek nou-nog.