Soms kruip die les weg

Posted by Francois on March 27, 2011

Ek dink nie ons besef altyd hoe ons ander laat voel, voordat ons dit self ook gevoel het nie. Dis asof ons eers ons eie vingers moet brand voordat ons ‘n les gaan leer. Vir een of ander rede is ons altyd op die “Lifeskills for idiots” lewenspad.

Ek begin verstaan hoekom. Die kosmos weet ons as mens, vir al ons evolusie en breinkrag, leer maar stadig.

Nietemin, somtyds gebeur daar iets wat jou fondasies skud, jou hare so bietjie deurmekaar krap en jou dieper laat kyk na dinge. Jy begin, sonder om te dit te besef, herevalueer aan jou verhoudings, bande en verantwoordelikhede.

Wat jy uitvind met die gesnuffel, is met tye skokkend, en oor die algemeen nogal verrassend. Dit is dus seker ‘n goeie ding as jy nog lesse leer uit vriende se aksies en dade, so mens kan nie sê dat julle uitmekaar uit groei nie en daar is nog ‘n vorm van simbiose tussen mekaar. Hoeveel van ons is regtig opgewasse genoeg om verby die glipse wat elke nou en dan gebeur te kyk?

Onthou, vriende mag ook van mekaar verskil met tye.

Mense skryf mekaar so maklik af deesdae. Dit is verkeerd, want waar is die gees van vergifnis waarby ons as kinders van God moet lewe? Vergifnis speel een groot rol in Jesus se boodskap, dit word in die Onse Vader ook genoem, dus het Jesus seker gemaak ons verstaan dat vergifnis ‘n daaglikse taak vir ons as kinders van God is.

En vergeef ons, ons skulde,
soos ons ook ons skuldenaars vergewe.

As ons gaan sit en regtig mooi dink oor elke krisis wat ons al in ons lewens gehad het, en dit objektief benader sonder emosie, sal ons sien dat daar twee lesse geleer word uit elke een uit. ‘n Fisiese een, en ‘n spirituele een.

Daardie lesse is die geskenke wat God aan jou gee na die tyd van sukkel. Dis wat jy daarmee maak wat sal bepaal hoe jy in die toekoms gaan optree en groei as mens.

So al wat Hy regtig van ons verwag is om die meeste van dit te maak…

 

Share

4 Responses to Soms kruip die les weg

  1. Dellie

    Dis nie vir ons maklik om sommer net te vergewe nie. Maar as mens deur die seer en ontnugtering gewerk het, is dit een van die bevrydendste dinge om te doen.

  2. Flintie

    Hola Delsie, jip dit is so. Amper tyd vir die naweek se groot kuier!! :lol:

  3. Christa

    Ek stem 100% saam. Daar is tye wat ek net verbaas is oor die feit dat as jy ‘n lang pad met vriende stap en een enkele “fout” of “oortreding” laat die vriendskap sink….dan wonder ek: Het ek nou vir 10+ jare my so misgis? Sjoe mens kan darem maar baie seerkry as iemand onvergewensgesind is. Ek bid elke dag dat God my in Sy Genade sal help om te vergewe EN te vergeet.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>