Ds. Pieter Fourie, sy storie leer my baie…

Posted by Francois on April 4, 2011

Ek het so rukkie terug ‘n post oor Pieter Fourie geskryf, en dis nogal n gewilde post as ek so na my stats loer. Een van die wat die meeste search engine hits trek.

Ek volg dus die Pieter Fourie storie aandagtig oor die net en in publikasies, dit is regtig hartseer om te sien dat ‘n kring ou omies ‘n man van God in sy amp kan stuit. Wie het hulle God gemaak?

Pieter Fourie het niks in sy bedienings gebruik wat nie deur Jesus en sy dissipels gebruik was nie. Sy bediening was in lyn met God se woord, volgens hom, en volgens my, het hy die Here se werk gedoen.

Wat het hy gedoen wat so verskriklik was?

‘n Paar mense was dalk opgewerk oor sy stellings aangaande demone en depressie, maar was dit nie maar nog altyd ‘n kontroversiële onderwerp gewees nie? Onthou julle nie die Rodney Seal seminare op skool, en sy boeke nie? Ons het dit gehad, hulle het ons daadwerklik kom waarsku teen die okkult en hulle bedrywighede.

Ermelo, waar ek groot geword het was een van die hoofsetels van Satanisme. Ons het baie dinge daar gesien, dinge wat mens vandag afmaak as onsin en bog. Hoekom? Want dit is mos wat grootmense doen, ons glo nie iets wat ons nie verstaan nie.

Pieter Fourie het in sy bediening inisiatief gebruik. Hy het aanlyn gegaan, op sy koste en tyd, nie joune nie en ook nie myne nie. Hy het deur die medium duisende, ja letterlik duisende, bereik. Soveel meer as in enige kerkdiens wat Krugersdorp se kerke kan hou.

Waaroor is die Krugersdorp se NG Ring so ontsteld? Sy bediening op Facebook, MXIT en BBM is mos op sy eie tyd, of is dit nie? Mens wil hard word en begin sê die Duiwel is aan die werk in daai Ring, maar dit sou ook nie vreeslik Christelik wees nie.

Pieter, ek salueer jou my vriend. Jy wag geduldig op God se uitkoms aangaande die saak, en jou standvastige geloof en vertroue in God leer my elke dag ‘n les of twee.

Jy is die beter man in die storie, jy moet nooit die moderne bediening van jou opgee nie. Die mens staan nie stil in tyd nie, en die kerk moet bitter vinnig begin aanpas in die moderne tyd, of hulle gaan te gronde gaan.

Gaan in God my vriend!

 

Share

19 Responses to Ds. Pieter Fourie, sy storie leer my baie…

  1. biebie

    Ek bewonder wat ds Pieter doen. Dit is hier op FB en mxit dat baie kinders verly word en daar iemand n stem moet he! I applaud you!

  2. Chris van Heerden

    Flintie, Ek het jou skrywe aandagtig gelees aangesien ek self ds. Pieter se blad baie dophou en ja so ook die mediaberigte en ek wil met jou saamstem dat hy regtig baie doen vir sy medemens op sy eie koste en tyd. Wat sy stuiting aan betref dink ek regtig daar moet wyer gekyk word na die saak.
    Hy het onder andere gesê dat depressie word veroorsaak deur demone en as dit uit jou gedryf word sal die depressie verdwyn. Dit is egter nie die waarheid nie. Ek het ’n vriend in my vriendekring wat ernstige depressie het en wat al verskeie kere probeer selfmoord pleeg het. Twee keer het ek in sy woonstel moes gaan en die ambulans bel wat hy reeds op die rand van die dood was. Hy het nie demone in hom nie. Hy ly aan bipolêre depressie. Depressie is ’n siekte soos vigs en diabetes. Dit kan nie genees word nie dit kan wel beheer word en as dit nie beheer word nie maak dit jou dood. Om ’n stelling te maak dat mense moet ontslae raak van demone en hul depressie sal genees wees kan mense se lewens verwoes want hulle sal vanselfsprekend ook dan hul medikasie los en die uiteinde gaan die dood wees. (selfmoord en dalk ook nog ’n gesinsmoord) ’n Ander ding wat ek lees wat die mense ontstel het, was dat hy demone uit kinders van so jonk as 4 jaar wou dryf. Ek het na ’n video gekyk (Rinus bevryding) waar dit gedoen was en vir my was dit vrek ontstellend gewees. Ek kan myself net indink wat se letsel so iets op ’n kind van 4 jaar kan los. Dalk moet daar ’n bietjie meer versigtig opgetree word. Ek dink tog die ou omies en tannies het dalk nie so verkeerd opgetree om hom aan te spreek nie.

    ’n Ander ding wat ek dink wat vrek ontstellend is op sy blad is nie soseer hy homself nie maar die mense wat daar aktief is. As jy ’n so ’n blad wil administer moet jy tog verantwoordelikheid vat vir wat daar gebeur.(Wat hy in ’n mate doen dis hoekom hy so baie mense daar geblok het waarmee hy nie saam stem nie, dus kan ek aanvaar hy stem saam met die wat wel daar is) Ons moet onthou die ou omies en tannies betaal sy salaris. (predikante kry oor die algemeen maar ’n karige salaris) Hy het mooi gevra dat die mense tog nie die NG Kerk moet aanval nie, want dit benadeel sy onderhandelinge met die kerk. Daar was hier by die 100 posts gewees daaronder waar die mense steeds die NG kerk aangeval het. Hom aangeraai het om by elke denominasie en geloof onder die son aan te sluit. As ek sy werkgewer was, sou dit my dalk ook die hel in gemaak het.

    Ek self is nie teen die uitdryf van Demone nie maar mens moet sekerlik nie die demone eerste gaan soek nie. Soek allereers die Koningryk van God en sy geregtigheid en Hy sal jou paaie gelyk maak. Daar word demone tot in windklokkies gesoek. Liewe aarde ek het al windklokkies gemaak elke pypie word gestem volgens ’n spesifieke toonhoogte. Sodat dit ’n pragtige klank kan maak as die pendulum daarteen slaan. Klank en die hoor daarvan is tog ’n pragtige gawe en geskenk van God. Ek het al na die video gekyk (maak jou huis skoon) Daar word ook als veroordeel. My vraag is net wie het besluit dat daar demone in voorkom? Wat se bewys is daarvoor?
    Dit wil vir my soms voorkom asof op daardie blad van ds. Pieter (en hier sê ek nie noodwendig deur Pieter nie) ’n baie wrede en liefdelose God aangehang word. Daar kom gereeld waarskuwings op van “God laat nie met hom spot nie” Gaan lees hoeveel word die hel gepredik daar en plaas van die liefde van God. Ds. Pieter keer dit goed anders moet hy ook daardie mense blok wat so aangaan. Hy het 6239 aanhangers op sy blad. Hy moet verantwoordelikheid neem vir elke een wat daar kommentaar lewer want dit kan baie mense se lewens beïnvloed. Dit kan ’n baie positiewe blad wees maar ook net so negatief as dit nie reg geadministreer word nie.

  3. Flintie

    Dis juis die ding Chris, almal hak op die een kwessie vas. Dit wil amper voorkom asof niemand dink en erkenning gee aan die GOED wat hy deur sy bediening bereik het nie. Sy internet bediening het niks met die NG kerk ui te maak nie, dus is hulle reëls nie daarop van toepassing nie. Was hy ‘n Pinkster Pastoor sou niemand ‘n ooglid geknip het aangaande besprekings oor demone nie.

    Ja, ek het ook daardie “maak jou huis skoon” DVD gekyk, en dis ‘n pot kak volgens my!

  4. Chris van Heerden

    Flintie ek glo werklik nie die uitdryf van demone alleen is vir die NG kerk so ’n groot probleem nie. Sovêr ek weet is daar ander predikante ook in die NG kerk wat dit doen. Hy is gerapporteer deur mense oor stellings wat hy gemaak het oor demone en depressie wat onaanvaarbaar is. Sy bediening op fb het wel met die kerk uit te waai aangesien hy voltyds in hul diens is. As jy ’n voltydse werknemer by enige plek is, word jou ander doen en late ook ongelukkig daardeur geraak soos bv. weet ek dat mense wat by banke werk mag volgens hul gedragskode nie in ’n sex shop ingaan nie. Dit kan volgens die banke ’n slegte beeld skep van die bank en sy werknemers daar gesien word, of ons nou daarmee saamstem of nie dit is ’n feit. Ek kan jou ook ’n brief gee as ’n pinkster pastoor met internet bediening predik dat groot doop sonde is en mense eerder hul kinders moet klein doop sal hy gou deur die kerk aangevat word daarvoor, al doen hy dit ook in sy vrye tyd op internet.
    Ek stem met jou saam dat ds. Pieter baie goeie werk doen met sy internet bediening. Hy moet net meer versigtig wees met uitsprake oor goed wat buite sy veld en jurisdiksie val waarvan depressie onder andere een is. Daar is baie goeie psigiaters in ons land wat dit kan hanteer.

  5. Demon Buster

    Sowat 80-90% van geestessiektes is agv demoniese besetenheid, insluitend depressie, bipolêriteit, epilepsie & psigose. Jesus het dit self genees soos in die Bybel aangeteken deur duiwels uit te dryf. Die sogenaamde medikasie is bloot ‘n chemiese middel om die demoon af te sny van die persoon se brein werking. Stop die medikasie en die demoon neem weereens beheer van die persoon want dit is wat en hoe demone werk, hulle neem beheer van die persoon se brein en die brein beheer die liggaam.

    Daar is glad nie so ‘n ding soos ‘chemiese wanbalaans’ nie. Daar is dan ook GEEN wetenskaplike toets om dit te staaf nie. Die geestessiektes word name gegee deur ‘n selfgemaakte industrie wat medisyne verkoop soos Prozac en andere. Biljoene rande se medisyne is hier ter sprake – kyk bietjie na die statistieke van die medisyne gebruik, jy sal van jou stoel af val.

    Die Kerke en Geestelike leiers wil nie meer demone uitdryf nie, want dit is ‘n ‘losing baatle’ aangesien die persoon wat ‘skoongemaak’ is/word, hom of haarself gevul moet hou met die Heilige Gees. Dit beteken ‘n mens moet dan jou lewenstyl verander om die lig van God die Vader te weerspieël en baie kan of wil dit nie doen en net aanhou met hul sondige lewe. As jy een maal besete was, het jy ‘n oop deur en mag nooit jou humeur verloor en/of baie ander dinge doen wat die demone weer die reg gee om in te gaan.

    ‘In te gaan’ beteken dan ook dat die demone binne in jou liggaam kom woon. Met tyd verander hulle jou ‘programering’ – jou persoonlikheid ingesluit. Die veranderinge bring dan ook heel makilik geestessiektes teweeg omdat die brein alles beheer en die demone beheer oor die brein neem. ens, ens, ens.

    Die mense is so geflous en die duiwel lag te lekker – sy grootste oorwinning is om mense te laat glo dat hy nie bestaan en/of nie ‘n gevaar is nie.

  6. Chris van Heerden

    Is daar wetenskaplike bewyse van demone wat die siektes veroorsaak? Sal dit graag wil sien.

  7. Demon Buster

    Demone is suiwer gees en het niks met wetenskap uit te waai nie. Die bewys is in bevrydings. As die persoon se liggaam geskud word wanneer die demone probeer om die Heilige Gees te weerstaan wat hul moet wegneem sodat hulle hul vonnis begin wat God die Vader reeds baie lank gelede aan hulle opgelê het. Die bewys is in die onmiddelikke (neem sowat 10 minute voordat die persoon besef dat hy sy nou self beheer oor hul brein terug het) persoonlikheids verandering as al die demone verwyder (gewerp) word. Die bewys is in die genesende nagevolge in die tyd na die bevryding. Hoe langer die persoon besmet was, hoe meer programering skade is daar wat ‘skoongemaak’ moet word, dws. werp die vestings neer.

    Daar is ‘n kondisie aan verbonde om ‘n geestes siek persoon te bevry; die persoon moet medisyne vry wees, dws vanaf medikasie wees vir ten minste ‘n dag of twee. Daar is goeie redes daarvoor wat ek nie nou gaan bespreek nie.

    ‘n Persoon wat vol psychiastriese medisyne is kan amper normaal funksioneer, maar nooit ooit gesond gemaak word nie. Daar is nie eens een geval waar ‘n geestes siekte genees is nie. Los die medikasie en die demoon/e kom terug, verwoed en kwaad.

    Die wetenskap is ‘n mensgemaakte verskynsel en het absoluut niks met die geestes wêreld uit te waai nie. Alle eer aan God die Vader vir sy krag en mag wat Hy toelaat dat ons mensekinders dit kan gebruik teen satan en sy verwoestende demone! Dit is ons enigste beskerming.

  8. HESTER WEYERS

    Flintie, ek is bly dat Pieter so lojale ondersteuner in jou het – ekself het soos Chris hierbo net van tyd tot tyd gaan inloer op Pieter se blad. Ek het gereageer op sy opmerkings en “likes” oor die hele kwessie rondom demone en depressie, en aan hom ‘n persoonlike e-pos geskryf en my oorlede man se ervaringe rondom bipolêre gemoedsversteuring ens beskrywe. Ek het gesê dat ek hom by die Ring sal aangee indien hy nie die opmerkings verwyder en homself daarvan distansieer nie. Vir ‘n diep sensitiewe man soos hy was sy repliek “Maak soos jy lekkerkry” of so iets, redelik onsensitief. Ek het hom by die ring aangegee, en ook die drie keer daarna wat hy my gedreig het. Ek is ‘n weduwee met twee jong kinders, weer eens bietjie onsensitief van ‘n Godsman om my te dreig sou ek sê.
    Volgens Pieter was een van die “terme” van sy stuiting dat hy sy Facebook/Internet/Mxit bediening moet staak. ‘n Eerbare mens, nie net ‘n Godsman nie, sou ‘n kort kennisgewing op sy blad geplaas het dat hy dit moet doen, dit vir so 24uur daar gelaat het, en dan ALLES gedeaktiveer het. Hy het nie, en maak nog gereeld uitsprake wat daarop gemik is om die ongelukkigheid te bly aanvuur – om kliphard die dae af te tel van hoelank jy nou al “suffer” en hulle hou vergaderings sonder jou en alles…. dit is kinderagtig en nie die gedrag wat ek van my Christelike leier sou verwag nie.
    Demon Buster, vir jou het ek nie raad, tyd of gebede oor nie – jy wil nie verstaan nie, want jy wil nie… twee dae sonder die nodige medikasie vir ‘n persoon met BGV is genoeg om hom/haar so van kilter af te kry dat al wat dan help, opname in ‘n inrigting is. Al wat jy dan met so ou regkry as jy demone uitdryf is
    “autosugestie” en ja, die ou sal daarop voortbou – been there, tried it all. Ek het nie geleerdheid hieroor nie, ek het dit aan eie persoon gevoel met my man se siekte en dood.

  9. Demon Buster

    Dit is altyd moeilik om te aanvaar dat demone verantwoordelik is vir gedragsafwykings want daar kleef ‘n stigma daaraan, maar intussen is sowat 50% mense besete en nog ‘n 35-40% besmet met demone. Onthou, daar is net 2 geeste – die Heilge Gees en die bose geeste. As dit goed is, is dit van God en as dit sleg is, is dit van satan. So eenvoudig as dit.

    Demone werk van binne af (besete) of van buite af (besmet / beinvloed) met mense se verstand. Die ‘toestand’ word teweeg gebring deur sondes. Die mees algemene sonde wat lei tot besetenheid is die ‘ouija board’ of glasie-glasie. Dit bleik baie onskuldig te wees want jy kan dit dan in ‘n winkel koop en daarom word baie jong kinders met demone besmet op ‘n jong stadium en hulle besef dit nie dadelik nie.

    Demone is nie chemies van aard nie, maar elektriese energie. As jy ingesteld is op die tipe ding, kan jy hulle teen jou vel voel as hulle so naby aan jou kom. Dit voel koud en veroorsaak hoendervleis op die vel op die betrokke area. Demone is orals in die lug en is alewig opsoek na ‘n persoon om te bestet want met ‘n mensliggaam kan hulle ‘dinge’ doen – soos in negatiewe dinge, verwoesting, verwoesting van verhoudings, siele, geloof in God die Vader, eintlik ALLES wat goed is. Die mense het ‘n vrye wil; maak jou keuse vir watter stemmetjie jy wil luister

    So ‘n stukkie skrif op ‘n publieke forum gekry van ‘n persoon wat besete was voor sy bevryding:-

    Absorption
    demons: absorbed
    in the soul (mind, intellect and will) of the person. Quality of life
    is consumed by the feeding of the demon through the dominate sin behavior.
    (Demonic control has taken place. The person must have an exorcism to get
    free. The demonized person must be trained and taught spiritual warfare
    through the time and effort of a deliverance minister.)

    this is the worst kind of activity and I have it:

    Possession by Absorption
    demons: Not able to function in life.
    Needs to be institutionalized
    or commits suicide.
    The doctors diagnosis is mental,
    social dysfunction and or insanity.

    ‘Links’

    Psychiatry exposed
    http://www.youtube.com/watch?v=b30iwhEw9ho

    Ouija board demon possession (Beskerm jouself deur die bloed van Jesus oor jou te pleit voor jy die een kyk)
    http://www.youtube.com/watch?v=Dh4uK3YHsNQ

  10. Chris van Heerden

    Demon dink jy n poltergeers is die selfde as n demoon? en kan hierdie demone op kamera vasgepen word? Kan mens met hulle kommunikeer? Sal hulle jou antwoord as jy met hulle praat? Wat se studies is daar al op demone gedoen?

  11. Demon Buster

    Chris
    Vraag 1 – ja
    Vraag 2 – demone kan hul voordoen as amper enigiets, maar hy bly ‘n gees – ‘n bal negatief gelaaide energie. satan werk ‘undercover’ en daarom sal jy nie maklik ‘n demoon (spook) makilik op kamera kan kry nie.

    Vraag 3 – die ouija board is een manier. Ek weet van iemand (sy aanhalings in my lvorige pos in Engels) wie se ma op haar sterfbed vir haar tweeling seuns gesê het dat sy ander onreine geeste in haar het wat haar besmet het – besetenheid. Hulle dink dit is ‘n grap en sê vir die kamstige demone dat as dit waar is, dan kan hulle (die demone) maar in hulself (die tweeling seuns – 21j oud) kom woon. Albei is onmiddelik beset deur die onreine geeste. satan en sy demone is die grootste leuenaars wat daar is en daarom moet daar nie met hulle gepraat / gekommunikeer word nie, want hulle lieg en/of jy word geflous met allerhande slimpraatjies en ‘goeie’ beloftes. Hulle uitsluitlike doel is om te vernietig en siele te werf vir satan.

    Vraag 4 – Ja – sien die antwoord by vraag 3 hierbo – Onthou, dit is ‘n geestelike situasie. Die oomblik as jy belangstelling in demone toon, sal hulle tou staan om met jou ‘besigheid’ te doen. Jy stel jy jouself dan ook bloot en ontvanklik vir invloed en besetting is net ‘n kwessie van tyd of geleentheid want hulle gaan jou flous. Demone is kenners op hulle gebied van leuens en vernietiging; hulle het geen emosie nie, niks.

    Vraag 5 – Studies – jy noem dit demonologie en baie mense doen dit.

    ONTHOU – BOSE GEESTE IS NIE JOU MAATS NIE, MOET NIE MET HULLE PROBEER KOMMUNIKEER OF PRAAT NIE – DIT IS NIE ‘N SPELETJIE NIE.

    Jy mag God die Vader vra om sy engele te stuur om jou by te help of wat ookal, maar jy mag nie self met enige geeste deel nie, want jy sal getruuk word.

  12. Choppy

    Dis diep stuff hierdie.

  13. Piet Pompies

    Wat ‘n klomp stront. Nee Choppy dis nie diep stuff nie, dis vlak stuff. Dis altyd vir my so interessant dat dis net gelowiges wat gepla word is deur bose geeste. Normale mense gaan aan met die lewe en deal met wat opgedien word van dag tot dag. Dis dieselfde gelowiges was suicide bombers is en onskuldiges opblaas. In die naam van hulle goeie God.

  14. Cameron Kim

    Pieter Fourie het gekry wat hy gesoek het. Net jammer Jannie Pelser het weggekom met sy TB Joshua liegstories van geloofgenesing.
    Pieter Fourie se geloof – kom ons wees maar reguit – bygeloof van Christenskap is lagwekkend. Dat iemand wat universiteitstoelating gekry het homself so kan vereenselwig met spoke , 3 gode wat 1 is maar 3 is , maagdelike geboortes en glo dat dat ‘n god die mens 6000 jaar gelede geskape het is bejammerenswaardig.
    Iemand wat bi- polariteit , depressie en homoseksualisme aan demoniese werkings toeskryf hoort nie in die samelewing nie maar behoort in ‘n malhuis opgesluit te word.
    ‘n Wanaangepaste mal mens wat met kinders Mixit op die foon is niks anders as ‘n pervert nie.
    Ek het geen respek vir Demoondoom Pieter nie.

  15. Chris van Heerden

    Cameron ek stem met jou saam dat ’n persoon wat bipolariteit, homoseksualisme en depressie aan demone toeskryf glad nie lekker is nie. Ek het nogal die ring gesteun in hul optrede teen hom hieroor maar, as ek die res van jou brief lees dan moet ek ongelukkig ook my gedagtes laat gaan.

    Ek sukkel net om te verstaan dat jy sê die man is ’n pervers. Hy kommunikeer via mixit en fb met alle mense wat belangstel oor die dinge wat vir hom belangrik is naamlik die verheerliking en die woord van sy God. Hy druk dit ook nie in hul keelgate af nie. Hy aanvaar mense wat hom add op mixit of op fb maar hy nader niemand self nie. Dus einlik so wonderlik dat mense nader hom.

    Hy kraak ook nie mense af en verneder die wat nie soos hy glo nie. Hy bid vir hulle soos wat sy God van hom verwag. Dis eintlik vir my ’n pragtige eienskap. Dalk is daar baie meer te leer by hom as wat jy dink en dalk moet jy ook ’n bietjie gaan sit en oor jouself besin.

  16. Ellan

    Wel ek weet n ding of twee van bipolere versteurings en dit is nie maklik nie jou lewe is een groot gemors niks wil werk nie darem is daar een ding wat my nou en dan help is om met God te praat en glo dit of nie vir die res van daardie dag is ek normaal as jy nie self so is nie kan jy nie vir iemand anders praat nie,dis jammer dat mans nie sommer praat as hulself die siekte het nie maar dit help nie eens vir my om pille te drink nie want ek vergeet maar as die man my kan help om vir eens in my lewe beheer te oor my lewe praat dan met my asb

  17. Demon Buster

    Cameron,
    Jou kommentaar as volg “Iemand wat bi- polariteit , depressie en homoseksualisme aan demoniese werkings toeskryf hoort nie in die samelewing nie maar behoort in ‘n malhuis opgesluit te word.” – Die is ‘n voorbeeld van hou satan mense gebruik om sy werk te doen, om voor te gee dat hy satan nie verantwoordelik is vir al die boosheid tans in die wereld nie. Dit is sy grootste sukses en julle is deel van dit aangesien jy (en andere) ‘n opinie lig van iets waarvan jy duidelik nie die geringste begrip of ondervinding het nie.

  18. Demon Buster

    Piet Pompies
    As jy nie deur die demone / bose geeste aangeval word nie behoort jy reeds aan satan en daarom is satan se fokus hoofsaaklik op die siele / mense wat nie aan hom behoort nie – dws. kinders van God die Vader. 40% van die blanke Afrikaners is besete en no 40-45% is besmet.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>