Die een ding…

Posted by Francois on June 15, 2011

As daar een ding in jou huis is wat jy saam met jou kan vat die dag as daar groot marakkas is en jy moet vlug, wat sal dit wees? Mens se eerste reaksie sou seker wees om jou man en kind, of dan net die kind as die man vol stront is, te gryp en te hardloop.

Dit is ongelukkig nie hoe ek die bedoel nie. Ek praat regtig net van ‘n item, een tasbare stukkie iets wat jy sal kan vashou as jy terug verlang. Klein genoeg om in jou sak te druk, maar belangrik genoeg om nie agter te los nie.

My item

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die klein botteltjie is gekoop in Parys gedurende een van my Britse vriende, Clive, se besoeke. Dit was na ure en ure se op en af loop tussen antieke winkels vol antieke dinge. Sy waarde sal seker nooit in rand en sent kan bepaal word nie, want die onthou wat in hom gebere is sal nooit vervang kan word nie.

Ek “tag” dan vir die volgende bloggers om saam te speel.

Dellie

Demoerin

Skoor

Choppy

Sonkind ~  Ek is nie seker of sy nog skryf nie, maar ek is absoluut GEK oor haar blogs!

Indien daar ‘n leser is wat sy item sou wou deel kan hy/sy dit mail na:

flintstoned123@gmail.com

Gebruik “Item” in die onderwerp veld.

Share

12 Responses to Die een ding…

  1. Dellie

    Cool idee! Ek sit myne more op :wink:

    BTW – dis ‘n vreeslike mooi botteltjie daai – seker omdat dit BLOU is :lol:

  2. Flintie

    JY WEET!!!

    Jinne vriendin, dis so in my bloed ek het nie eers agter gekom dis in lyn met ons oortuigings nie.

    BLOU!!!!!

  3. alleman

    Sonkind blog by

  4. Sigeuner

    Lewende wesens eerste, natuurlik….daarna?
    My St Cristopher hangertjie.
    Sodat ek die reis vorentoe veilig kan aandurf.
    Die bottel is inderdaad Blou-mooi!

  5. Flintie

    Dis my favorite bottel, en ek het ‘n paar van hulle. Bottels speel met jou oë as die lig so oor hulle beweeg.

  6. Son

    Flintie – ek het laaaank terug al my huiswerk gedoen :lol: Ek het toe el geweet jy gaan my eendag dit vra ;-)

    Gaan lees hier:
    http://kouevuur.wordpress.com/2010/09/20/as-jy-net-een-iets-kan-saamvat/

  7. Skoor

    Blou seg jy? Ja! DONKERBLOU MET WIT STREPE JA JA JA! Maar dit daar gelaat.

    Ek gryp my diere. Kan ek ‘n sak ook pak? Selfoon, charger, beursie, kopseerpille, skoon penties.

    Kan ek maar ‘n lorrie pak? :lol: Ek is erg. Ek weet. Mag ek nooit hoef te kies nie.

  8. Sigeuner

    Previously Flint-tjint wrote:”…..Bottels speel met jou oë as die lig so oor hulle beweeg.”
    Dalk moet mens lees:” Die bottels speel met die lig, as jou oe so oor hulle beweeg.” LOL!

  9. Demoerin

    Ek het nie vergeet nie…. ek dink nog :lol:

  10. Demoerin

    :lol: Kan ek nie eers my email adres spel nie…

  11. Gardiol

    As dit ‘n bom is wat ontplof Flinty, gryp ek wat-ook-al my hand aan raak, soos ek hier sit en tik, is dit die sleutelbord… absoluut useless. Ek dink die lekker vir my is dat ek weet as jy die dag moet waai, is daar gelukkig nie tyd vir kies nie, want ek sal nie weet wat om eerste te gryp nie! As ek wel die tyd gegun sou word om iets in my hand te vat, is dit Carl se vals tand wat hy van styfgekoude tissue en ‘n stukkie rooi tamatiesous gemaak het – om die tandemuis te flous… ek weet egter gladnie hoe om die foto hier te heg nie…

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>